
=====================================================================
Wenners munt uit met raaks-Afrikaans (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Wenners munt uit met raaks-Afrikaans

  Reklame-Afrikaans het gesprankel by die Pendoring se toekenningsaand, s Wilma de Bruin. Die uitdaging vorentoe gaan wees om 'n neiging 
teen te werk by bemarkers van vinnig bewegende produkte om Afrikaanse reklame af te skaal. S het Pendoring se wenoes vanjaar trots gepronk 
op di reklamewedstryd se jaarlikse bekroningsaand by Vodaworld, Midrand: raaks-Afrikaans in al sy skakerings -- van loslit-flaaitaal tot 
skitterende woordspelings en treffende woordgebruik.

Anders as verlede jaar, toe die jonger garde die aandag getrek en amper die toneel oorheers het, het Afrikaanssprekendes oor die hele 
spektrum van taal, kultuur n ouderdom vanjaar hul stempel afgedruk. Wenners het elk 'n Pendoring-trofee en 'n tjek van R5 000 ontvang. Die 
prestigepryswenner het 'n bykomende R5 000 en 'n oorsese studiereis losgeslaan.

Vir die FCB reklamegroep was dit 'n glorieryke aand. FCB Lindsay Smithers, FCB Bosman Johnson en FCB Impact het benewens ses Pendorings, 
ook die gesogte prestigeprys verower.

Dat oorspronklike en eg Suid-Afrikaanse werk tans die "geur van die oomblik" is, het die prettige en ietwat omstrede RSG-veldtog -- 
"Breekweg", "Kaalgat swem", en "Grenspos" -- duidelik bewys. (Omstrede, omdat "Kaalgat swem" ondanks oorweldigende luisteraarsteun na 
enkele klagte oor die sogenaamde misbruik van diere (lees skape) in di advertensie deur die agentskap onttrek is.)

Nie net het di veldtog die FCB Lindsay Smithers-troika van Francois de Villiers (skeppende direkteur), Madelet du Plessis (kopieskrywer) 
en Quintus Venter (uitvoerende kunstenaar) 'n Pendoring in die veldtogkategorie in die sak gebring nie, maar ook die prestigeprys as 
algehele wenner.

Daarbenewens het "Grenspos" gesevier in die kategorie Beste advertensie oorspronklik in Afrikaans geskep, en "Breekweg" in die TV-
kategorie, wat die beoordelaars veral met sy eenvoud en humor getref het.

HerdBuoys McCann-Erickson se treffende aktuele advertensie teen bendegeweld en wenner in die koerantkategorie het weer getoon dat Afrikaans 
vandag werklik 'n inklusiewe taal is wat harte (en beursies!) oor taal- en kleurgrense heen raak.

Die oorsese beoordelaar Ralph Wilmes van PMSvW/Young & Rubicam in Amsterdam, en een van die opwindende nuwe "stemme" in die Nederlandse 
reklame, het groot aanklank gevind by die trefkrag en eenvoud van di veldtog vir die Departement van Justisie -- wat ook 'n 
aansporingsprys daarvoor ontvang het.

Dit is geskep deur Brett Netherton en Veejay Archary (skeppende direkteure) en Hilton Mashonga en Kenny Thomas (kopieskrywers), en was ook 
die eerste openbare sektor-advertensie in die bestaan van die wedstryd wat 'n Pendoring kon wen.

"Treffend en relevant in moderne, eietydse Afrikaans sonder om enigsins geforseerd te wees. Wat sowel die visuele uitvoering as die kopie 
betref, het di advertensie kop en skouers bo die res uitgestaan," het die beoordelaars eenparig besluit.

Die tradisioneel sterk radiokategorie wat verlede jaar 'n relletjie veroorsaak het omdat dit geen finaliste opgelewer het nie, het vanjaar 
soos voorheen geblom. Die skreeusnaakse M-Net-advertensie "Oom Arnie", wat ook by die Loeries geskitter het en met 'n vernufprys bekroon 
is, het aan die voormalige prestigepryswenner en kopieskrywer Johan Roux van Ogilvy & Mather Rightford Searle-Tripp & Makin, 'n Pendoring 
besorg.

Nog 'n voormalige prestigepryswenner, die kopieskrywer Ian Smith van FCB Lindsay Smithers, en sy kollega Franois de Villiers (skeppende 
direkteur) is in die tydskrifkategorie met 'n Pendoring bekroon vir ... ja, die '98 Pendoring-advertensie "Laat die byle huil", wat onder 
meer in die ontwerpafdeling op die Loeries met goud bekroon is.

Volgens die beoordelaars het di advertensie met sy treffende grafiese uitbeelding en "lekker losgat-interaktiwiteit" die gees van 
Pendoring pittig vasgevang.

Pendoring '99 het egter nie teruggestaan nie en die "brein"-advertensie in vanjaar se veldtog, geskep deur FCB Bosman Johnson se George 
Lesar (skeppende direkteur) en die kopieskrywers Liezl van Rensburg en Brenton Bubb, het in die buitelugkategorie koning gekraai.

FCB Impact se Ryan Tarboton (uitvoerende kunstenaar) en Vernon Baumann (kopieskrywer) het in die kategorie Beste nuwe 
klinkrel/uitdrukking/begrip met 'n Pendoring weggestap vir die RSG-klinkrel "Draadloos in die Klein Karoo".

Kakiebos Advertising se nuwe reeks kondome onder die titel "Afrikaners is Plesierig" het vanjaar weer vir groot plesierigheid gesorg en 'n 
Pendoring aan Madelet du Plessis en Chrisjan Fourie besorg in die kategorie onder-die-lyn.

In die studentekategorie, wat vanjaar die sterkste groei getoon en talle waagmoedige skeppings opgelewer het, is Xander Smith 
(kopieskrywer) en Mandie van der Merwe (uitvoerende kunstenaar) van die AAA-reklameskool met 'n Pendoring bekroon vir hul 
hulplynadvertensie teen vrouegeweld.

Pa Ian was nie bietjie trots op sy seun se prestasie in di kategorie nie -- wat hulle Pendoring se eerste pa-en-seun-wenkombinasie gemaak 
het.

Ian Smith en sy seun Xander, Pendoring se eerste pa-en-seun-wenkombinasie. Pa Ian was verlede jaar se prestigepryswenner.

Geen Pendorings is toegeken in die kategorie kleinhandel, klingels en nuwe media nie. Die beoordelaars het besluit om vanjaar ook nie 'n 
prys aan enige uitvoerende kunstenaar toe te ken nie.

Altesaam 241 inskrywings van 25 agentskappe is vanjaar ontvang. Dit is 20 meer advertensies as verlede jaar, terwyl drie "nuweling"-
agentskappe vir die eerste keer deelgeneem het.

Benewens Wilmes het die beoordelaarspaneel bestaan uit die reklamekundiges Franois de Villiers, Derrick Dickens (uitvoerende direkteur van 
die Vereniging van Bemarkers), Manie Fourie, Jenny Groenewald en Harry Kalmer. Die Pasella-aanbieder Shemane Harris het haar stem namens 
die verbruiker uitgebring.

Hoewel Pendoring vanjaar 'n raps meer inskrywings as verlede jaar opgelewer het, en die gehalte van die inskrywings oudergewoonte weer 
voortreflik was, was van die beoordelaars tog bekommerd dat daar heelwat minder produkadvertensies as vorige jare was. Dit beteken dat 
bemarkers van vinnig bewegende produkte wel besig is om Afrikaanse reklame af te skaal. Hoe om di neiging hok te slaan sodat Afrikaans sy 
status as doeltreffende reklametaal kan behou, is nou die groot uitdaging. Wilma de Bruin is redakteur van "Jou Geldsake" en betrokke by 
SakeBeeld.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6323.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

